Surinaamse Skrywersbesoek
Wortels wat oor kontinente heen strek: Surinaamse skrywers besoek Suid-Afrika ‘n Reis opsoek na ‘n identiteit. Dis hoe die Surinaamse skrywers hul eksursie na Suid-Afrika beskryf. ‘n Soeke na hul wortels op ‘n ander kontinent, ‘n ander land, wat tog so identies soos hul moederland is… en natuurlik die Nederlandse naelstring wat die twee lande aanmekaar verbind! ‘n Eintlike soeke na taalbroers en susters. En daarvan het hulle baie van gekry! Die groepie Surinaamse skrywers sou op 6 en 7 Oktober 2008 op die vliegtuig in Schiphol opklim met Ismene Krishnadath, Rappa en Sombra aan stuur van sake. Opgewonde, maar tog onseker oor wat om te verwag, is hulle oppad na ons Suiderland! Hier aangeland, maak EKM Dido en Diana Ferrus die weersiens die moeite werd. Tog is hulle meer opgewonde oor die nuwe vriende en die moontlikheid om in Madiba-land te wees! En toe hulle op Kaapstad Internasionale lughawe land, is dit met gemengde gevoelens. Ons is op Afrika-bodem.. Die opgewondenheid was groot toe ...