Posts

Er worden posts getoond met het label Afrikaans

gebed van sara baartman

in ‘n land van beskaafdes jy was as frats ingehok en moes jy wag, suster baartman vir die vloek om weg te gaan: "Jirre, ek is een van djou tjeeners maarie mense hille algar sê ek is ‘n goggatjie moetie lat hille my seer- of doodmakie" maar as verlange jou byt kon jy gaan na ‘n beter plek met jou kaalvoet-gebed: "Jirre, as djy weer reënbooggoggatjies stuur om te kô kyk of dit genôg gereentit sê hille ‘seblief om my te kô haal" toe ferrus* jou oorskot vanuit die koue daar anderkant bring en jou vel die afrika-son voel het ons hulde gebring: "Jirre, vindag wil ons trug report – daar’s niks meer om oor te stry of te wonner oor vergewe en vergeetie…" want sara ís vry sý is vry sy is vrý * Diana Ferrus is welbekend vir haar gedig oor Sara Baartman. Haar gedig "Vir Sara Baartman" is gepubliseer in die Franse wet wat spesiaal gemaak is om Sara se terugkeer moontlik te maak. ©2009 Selwyn Milborrow