Posts

Er worden posts getoond met het label Tafelberg

Vanaand.

Vanaand. Hoog agter ou Tafelberg Pryk majestueuse wolke waar rooi die son ter ruste gaan en met die laaste strale 'n tafereel van grys en pienk met silwer rande tooi. 'n Sinsverrukkend skouspel wat tog 'n rukkie talm dat ook ons op die vlakte vanaf 'n ver afstand waardering kan betoon vir die kuns van lig en skadu. (Monty Isaacs)

Tafelberg

Tafelberg Ruwe rots altaar van hoop tot offertafel afgeplat, hoog verhef bo die see se blou, in majesteit teen die asuur geets, wat soms misterieus die kop, vir die menseoog verskuil, onder 'n wolkekleed bedek. Aan weerskante staan die Duiwel en die Leeu op wag sfinkse wat die Goeiehoop bewaar, die moeder van beskawing in hul arms vou. Met grys graniet Apostels wat daar van ver af volg, asof geroepe tot die rots, staan eeue al op vaste voet onwrikbaar die aanslae van die Kaapse storms teen. Steeds, elkekeer, net soos nou, in volle glorie asem roof. (Monty Isaacs)