Surinaamse Skrywersbesoek

Wortels wat oor kontinente heen strek: Surinaamse skrywers besoek Suid-Afrika

‘n Reis opsoek na ‘n identiteit. Dis hoe die Surinaamse skrywers hul eksursie na Suid-Afrika beskryf. ‘n Soeke na hul wortels op ‘n ander kontinent, ‘n ander land, wat tog so identies soos hul moederland is… en natuurlik die Nederlandse naelstring wat die twee lande aanmekaar verbind! ‘n Eintlike soeke na taalbroers en susters. En daarvan het hulle baie van gekry!
Die groepie Surinaamse skrywers sou op 6 en 7 Oktober 2008 op die vliegtuig in Schiphol opklim met Ismene Krishnadath, Rappa en Sombra aan stuur van sake. Opgewonde, maar tog onseker oor wat om te verwag, is hulle oppad na ons Suiderland! Hier aangeland, maak EKM Dido en Diana Ferrus die weersiens die moeite werd. Tog is hulle meer opgewonde oor die nuwe vriende en die moontlikheid om in Madiba-land te wees!
En toe hulle op Kaapstad Internasionale lughawe land, is dit met gemengde gevoelens. Ons is op Afrika-bodem..
Die opgewondenheid was groot toe hul die Suid-Afrikaanse skrywers op 8 Oktober 2008 by UWK se Biblioteek ontmoet. Marieke Visser, van Suriname, sou agterna, oor ‘n bak slaai en glasie ‘roodewijn’ in ‘n rondawel by Goudini Spa, Worcester oor van haar eerste ontmoeting met Afrikaanse skrywers, die volgende opmerk: “Mens het gevoel soos ‘n besoeker aan ‘n nuwe huis…jy het nie geweet of jy by die deur moet staan of oor die drumpel moet stap nie! Maar julle (Afrikaanse skrywers) warmte het my laat besluit om in te stap” Oor hulle kan Suid-Afrikaanse skrywers dieselfde sê. Die warme, gulheid wat hul uitgestraal het, het ons op ons gemak gelaat en vir baie ure van gesels en deel gesorg. Daar is lank oor gelyklyne tussen ons afkoms en selfs die letterkunde gesels. En hulle is geleer hoe om te toi-toi!

Die Kasteel de Goede Hoop word die eerste historiese baken wat hul besoek. Dit herinner sterk aan hul eie Fort Zeelandia, wat terloops net ’n jaar (1667) na die Kasteel de Goede Hoop (1666) gebou is. Dié fort is ook vyfpuntig en is die oudste gebou in Suriname.

Vir die volgende paar dae sou studente aan Universiteite van Kaapstad, UWK en Stellenbosch, asook verskeie Skiereilandse skole die Suriname as gaste ontvang en na hul voorlesings en vertellings luister.

En deur alles heen, ervaar mens die gevoel van hulle is nes ons...en ons is nes hulle. Ons ís broers en susters met Nederlands as gemene deler!

Robbeneiland en Tafelberg word besoek. Twee bastionne van die verlede wat met Moedertjie Nederland verbind kan word. Besoekers aan die Suiderland moet Robbeneiland besoek. Hoekom dan nie! Dié eiland laat blywende indrukke en ywerig word notas gemaak vir latere gedigte of dalk kortverhale. Weer ervaar die ons vriende gemengde emosies van twee lande wat moet moes veg vir vryheid...en wat dit uiteindelik gesmaak het!

Tafelberg veral hulle op ’n ander manier. Hulle het immers óók ’n Tafelberg tuis...maar dis nes asof hierdie een hul omhels, wil vra dat hulle hul luike moet oopgooi en hul gryp na hul penne...want by al Tafelberg se deugde, dryf dit soms ook mense om liries te raak...Hulle kyk wyd en vêr oor die Kaap...die see en Robbeneiland, waar hulle vroeër die dag was. Hulle word so getrek deur die ‘gees’ van Tafelberg dat Marieke Visser en Karin Lachmising terstond ’n blogspot,
www.tablemountainconnection.blogspot.com gaan aanlê het! Afrikaanse skrywers word genooi om gedigte rondom Tafelberg soontoe te stuur!

’n Byeenkoms in die Kaap word afgestel en so ook een in Pretoria, alhoewel die Suriname wel in Pretoria aankom...vier uur na die aanvang van die beplande voorlesing! Ongelukkigheid...ongelukkigheid!

Terselfdertyd word ook in Goudini Spa te Worcester in die Boland, ’n werkswinkel en verskeie debatte gevoer. Ook hierdie byeenkoms word skamel bygewoon. Was die toer, met soveel verwagting aan die platval! Nuwe vriendskappe word egter opnuut gesluit en ons vertrek terug...verenig.

Woensdag 15 Oktober is die laaste aand op Afrika bodem. Die volgende dag, soos ook vroëer op 9 Oktober 2008, word die Huis der Nederlanden besoek. Die biblioteek kry ’n swetterjoel nuwe boeke! Die dag daarna word die terugtog na Suriname aangepak.

Blywende indrukke? Plaaslike digter, Thulani Cekiso. Sy energieke voordragte was meesterlik. Hilli Arduin het haarself net so meesterlik as storieverteller uitgedruk. Soecy Gummels, Anne Huits, Hilde Neus het getoon waarom hulle so hoog aangeslaan word en huishoudelike name in Nederland en Suriname. Verder smaak dit my Rappa, Sombra, Marieke Visser en Karin Lachmising en natuurlik die reeds vermelde Hilli Arduin, lisensies het om te mag voordra. Ander plaaslike skrywers, wat vermelding verdien is Elza Smal, Sameerah Frost, Susan Ongansie en Tyrone Appollis.

EKM Dido en lede van WIE, wat betrokke was by hierdie uitreik-aksie moet opreg gelukgewens word. Dit was ’n wonderlike inspuiting vir plaaslike talent om met die Schrijversgroep ’77, (van Suriname), Writers in Exchange, en die Afrikaanse Skrywersvereniging skouer te skuur. Sodoende is bewys dat daar beslis krag in verskeidenheid kan wees!







Viva, Power in Diversity! Viva!
En soos hulle in Surinaams sal groet: “Brasa!”


Text: Willem Fransman Jr
(Nasionale Voorsitter van die Afrikaanse Skrywersvereniging)
Photography: Melt Myburgh / LitNet

This contribution will also be published on the website http://www.litnet.co.za/. >>> Nuwe skryfwerk >>> Artikels >>> Wortels wat oor kontinente heen strek: Surinaamse skrywers besoek Suid-Afrika

Reacties

Populaire posts van deze blog

Knipscheren Unplugged - Boxel, 23 juni 2018

Wan Tru Puwema Unplugged - Boxel, 3 november 2010

gebed van sara baartman