Posts

Posts uit september, 2009 tonen

Yimini entle!

Connecting gets easier all the time ... Today's Xhosa tweet: "Yimini entle!" (It’s a beautiful day!) Learn some new Xhosa words every day. Follow twitter: http://twitter.com/xhosafundis or check the website: www.xhosafundis.co.za/ Did you now there's a Xhosa to English translator? Look here and translate all you want: http://mokennon2.albion.edu/x2e.htm and the other way around too: http://mokennon2.albion.edu/e2x.htm So, once again, "Yimini entle!"

gebed van sara baartman

in ‘n land van beskaafdes jy was as frats ingehok en moes jy wag, suster baartman vir die vloek om weg te gaan: "Jirre, ek is een van djou tjeeners maarie mense hille algar sê ek is ‘n goggatjie moetie lat hille my seer- of doodmakie" maar as verlange jou byt kon jy gaan na ‘n beter plek met jou kaalvoet-gebed: "Jirre, as djy weer reënbooggoggatjies stuur om te kô kyk of dit genôg gereentit sê hille ‘seblief om my te kô haal" toe ferrus* jou oorskot vanuit die koue daar anderkant bring en jou vel die afrika-son voel het ons hulde gebring: "Jirre, vindag wil ons trug report – daar’s niks meer om oor te stry of te wonner oor vergewe en vergeetie…" want sara ís vry sý is vry sy is vrý * Diana Ferrus is welbekend vir haar gedig oor Sara Baartman. Haar gedig "Vir Sara Baartman" is gepubliseer in die Franse wet wat spesiaal gemaak is om Sara se terugkeer moontlik te maak. ©2009 Selwyn Milborrow

Vanaand.

Vanaand. Hoog agter ou Tafelberg Pryk majestueuse wolke waar rooi die son ter ruste gaan en met die laaste strale 'n tafereel van grys en pienk met silwer rande tooi. 'n Sinsverrukkend skouspel wat tog 'n rukkie talm dat ook ons op die vlakte vanaf 'n ver afstand waardering kan betoon vir die kuns van lig en skadu. (Monty Isaacs)

Tafelberg

Tafelberg Ruwe rots altaar van hoop tot offertafel afgeplat, hoog verhef bo die see se blou, in majesteit teen die asuur geets, wat soms misterieus die kop, vir die menseoog verskuil, onder 'n wolkekleed bedek. Aan weerskante staan die Duiwel en die Leeu op wag sfinkse wat die Goeiehoop bewaar, die moeder van beskawing in hul arms vou. Met grys graniet Apostels wat daar van ver af volg, asof geroepe tot die rots, staan eeue al op vaste voet onwrikbaar die aanslae van die Kaapse storms teen. Steeds, elkekeer, net soos nou, in volle glorie asem roof. (Monty Isaacs)