Tafelberg

Tafelberg

Ruwe rots altaar van hoop
tot offertafel afgeplat,
hoog verhef bo die see se blou,
in majesteit teen die asuur geets,
wat soms misterieus die kop,
vir die menseoog verskuil,
onder 'n wolkekleed bedek.

Aan weerskante staan
die Duiwel en die Leeu op wag
sfinkse wat die Goeiehoop bewaar,
die moeder van beskawing
in hul arms vou.

Met grys graniet Apostels
wat daar van ver af volg,
asof geroepe tot die rots,
staan eeue al op vaste voet
onwrikbaar die aanslae
van die Kaapse storms teen.
Steeds, elkekeer, net soos nou,
in volle glorie asem roof.

(Monty Isaacs)

Reacties

Populaire posts van deze blog

Knipscheren Unplugged - Boxel, 23 juni 2018

Wan Tru Puwema Unplugged - Boxel, 3 november 2010

gebed van sara baartman