Vanaand.

Vanaand.

Hoog agter ou Tafelberg
Pryk majestueuse wolke
waar rooi die son
ter ruste gaan
en met die laaste strale
'n tafereel
van grys en pienk
met silwer rande tooi.
'n Sinsverrukkend skouspel
wat tog 'n rukkie talm
dat ook ons op die vlakte
vanaf 'n ver afstand
waardering kan betoon
vir die kuns van lig en skadu.

(Monty Isaacs)

Reacties

Populaire posts van deze blog

Knipscheren Unplugged - Boxel, 23 juni 2018

Wan Tru Puwema Unplugged - Boxel, 3 november 2010

gebed van sara baartman